33 YEARS
About 4,980,000,000 results (0.25 seconds). That’s vastly more than the “more than 443″ rhino’s that were killed last year.
What’s “more than 443?” Would that not be 444? Just curiosizing (own word).
So, what would “more than 33″ be? 34, I bet you’d think. I think not. 33 and a day, by my reckoning.
So tel ek netnou ‘n boekie van AntieDol op. Random act. “God calling,” by Two Listeners. Ek slaan dit by die stofomslag oop. AntieDol het die gewoonte gehad om in die kleinste, fynste juffrouskriffie aanmerkings te skryf op al wat ‘n oop plekkie is. Die eerste inskrywing: “The Vagabond King,” 13 Januarie 1931. Check out that date! Vandag is 13 Januarie, 81 jaar later.
Net ingeval jy wonder wat Wikiding dink van 33:
33 is the largest positive integer that cannot be expressed as a sum of different triangular numbers. It is also the smallest odd repdigit that is not a prime number.
33 is the eighth distinct semiprime comprising the prime factors (3 • 11). Its aliquot sum is 15; itself a discrete semiprime (3 • 5) in the following Aliquot sequence 33,15,9,4,3,1,0. (Note 33 is the 8th composite number to descend into the prime number 3, the others outside of this sequence being 30,26,16,12) Since 33 is a semiprime with both its prime factors being Gaussian primes, 33 is a Blum integer.
The sum of the first four positive factorials is 33. Adding up the sums of divisors of 1 through 6 yields 33. 33 is the smallest integer such that it and the next two integers all have the same number of divisors.
It is also the first member of the first cluster of three semiprimes (33,34,35); the next such cluster is 85,86,87.
Since the greatest prime factor of 332 + 1 = 1090 is 109, which is obviously more than 33 twice, 33 is a Størmer number.
The divine name Elohim appears 33 times in the story of creation in the opening chapters of Genesis.
Lag Ba’omer is a minor Jewish holiday which falls on the 33rd day of the Omer
Jesus’s age when he was crucified in 33 A.D., according to many Christian traditions, though not verified historically.
Jesus performed 33 recorded miracles
33 is not only a numerical representation of “the Star of David,” but also the numerical equivalent of AMEN: 1+13+5+14=33.
Pope John Paul I, the 33-day pope. One of the shortest reigns in papal history, and it resulted in the most recent 3-pope year.
It is the highest degree in the Scottish Rite of Freemasonry.
Vir my is die beste egter dat Jesus 33 jaar op aarde was en aan my gedink het, en dat hy nou vir ewig daar Bo sit en wag dat ek by Hom kom kuier.
CAUSE OF DEATH: LITTLE WHITE CROCODILE
Die ander aand hoor ek ‘n klein gilletjie. Bietjie soos net Ans dit kan doen. Blyk toe hoeka Ans te wees.
Daar’s ‘n albino geitjie teen die muur gewees!
Nou sy’s geen banggat nie. Slange en geitjies en allerhande gediertes maak haar nie skrik nie. Dit blyk toe net ‘n amper tevrede gilletjie te wees oor sy ‘n “albino geitjie” gesien het.
Die volgende oggend roep haar pa haar. Daar sit die vabond in die daglig teen die wit muur: nogal donkerig van kleur. ‘n Regte verkleurgeitjie.
Dag toe dis soos ons ook soms in die lewe maak: verander van kleur om minder opvallend te wees, maar vang ons onkant, dan staan ons uit soos ‘n seer vinger.
KAKAMAS TOT KANADA
Ek het gister die groot K-woord gehoor. Dit het te doen met Kinders wat ver woon: blerrie ver… ‘n vrou het ingebel en vertel van haar kinders en kleinkinders wat van een-of-ander plek soos Kuruman of Kakamas of Katmandoe of Kilimanjaro kom kuier het. Die ander spul van Kanada. En ek dink by myself: dêmit! Dis nie blerrie fair nie.
Hoe de klippies moet siblings nou mekaar leer ken? Ek meen, soos grootmenssusters en -broere mekaar leer ken. Dis mos op ‘n heel ander vlak as wanneer mens nog onder een kombers kan inkruip in jou ma se huis. Dis juis daai tyd wat mens uitvind van watter stoffaas jyself gemaak is; en van watter stoffaas jou susters/broers gemaak is.
Aggeneeman! En wat van die nefies – wat nou al so ougat is ek wil hulle beentjie vir beentjie opvreet? Hoe moet hulle nou weet tannie Ancè sing soos ‘n engel, en oom Rudolf speel klavier soos ‘n boffin, en oom Jannes is mal oor katoetertjies en storms, en tannie Annelize bak koekies soos ‘n koekiefairy, en oom Cam kan toor met karre en enjins …
Ek het lus om die groot K-woord te sê, maar ek doen nie, want daar is net so min wat mens daaraan kan doen. Vloek gaan nie help nie.
Cushla machree
One of my Google searches that yielded a vastly more result than anticipated (I’m still looking for a valid search that will give – say – exactly 1 hit).
Back to Balderdash, though. “Anglicised spelling of “A chuisle mo chroí” which means “oh pulse of my heart” equating to something like “my sweetheart.”
And I found it! Google “Erin ma vourneen, cushla machree,” and you get About 0 results (0.14 seconds) ! This, despite the fact that I took the quote off Google. Now riddle me that, me hearties…
NO SUBSTITUTE FOR EXCELLENCE
Daar het jy dit! Op die Timtams pakkie. En is dit dan nie wat past Jacques ons admin girls die hele jaar indril nie? Soms – net soms, hoor – wonder ek waaroor dit nou als gaan. IS DIT NOU RêRIG NORAG… Excellence grens so vir my aan oordrewe strewe.
Maar ja, dan besef ek: ek kan nie minder as my beste gee nie. Altans, nie maklik nie. En dit maak my tieties lam. Omdat ek nie kan lós lank na dit nie meer nodig is; oor ek nie wil los wanneer dit nog nie in my oë perfek is, al is ander van ‘n ander opinie.
Maar sommige goed: dit MOET perfek wees. Soos toppuntseks. En ‘n rok se soom. Chocolate ecclairs. Meringue en gebakte Alaska. Créme brulée – so ook sy harde doppie wat mens met ‘n lepel moet kraak. Die drie-punt-draai wanneer jy met ‘n motorvoertuig uitpasseer en die wegtrek teen ‘n blerrie steil bult wanneer jy met ‘n motorfiets op ‘n ysige winters-oggend uitpasseer. ‘n Pas de deux. Die vangslag as ‘n ballerina afkom aarde toe. No use saying “oops, that was almost perfect.”
So eet ek nou 54 Timtams met bedagte aksie; ek deel oordeelkundig uit, sodat ek die maksimum genot daaruit kan put. Daar’s geen ander manier om dit te geniet as op die perfekte manier nie.
Genadiglik is ek perfek in God se oë. Dankie tog! En Hy verstaan hoekom ek so snoep is my my Timtams. Dalk hou ek vir Hom enetjie…
DA GAAT JY!
Met my ma se 75ste het ek vir die eerste keer agtergekom hoe cannabis ruik- dis nou die soort wat mens rook. Ek het opgemerk dat ‘n baie nabye familielid ‘n besondere reuk aan hom gehad het.
“Weet Moeder dan nie hoe ruik dagga nie?” wou Jannes en Rudolf gelyk weet.
Nee, Moeder het nié geweet hoe ruik dagga nie. Die enigste Vitamin Green wat ek ooit persoonlik van kennis gedra het was dié wat Ant Nettie in haar medisynetassie gehad het – sy’t dit nogal van oom Boetie “Kaals,” ywigere en gewillige dienaar van die gereg, gekry. En sy’t dit nie gerook nie, maar getrek. Vir pyn.
Die storie van dr R se seun, die daggapitte en die tuin is ‘n vertelling vir ‘n ander dag.
Maar so kom ek eergister-aand by die huis. In die skemer doem hierdie plant in die swembad skielik voor my op. Wragtig! Dis ‘n grote daggaplant. Hoe het ek dit dan nooit raakgesien nie? Iemand het juis laasweek kommentaar gelewer oor die plante in ons swembadtuin. Het hulle dit dalk raakgesien? Nogal kerkmense; waarskynlik te verleë om dit pertinent te noem…
In die halfdonker neem ek ‘n foto en stuur dit inderhaas vir die wakker kinders en ‘n vriendin wat dalk sal weet.
ISDITWATEKDINKDITISWATINMYTUINOPGEKOMHET? Tyd en plek vir spasies en puntuasie is daar nie: die veiligheidspolisie kan enige oomblik voor my deur opdaag, soos by dr R se seun.
Angstig wag ek hul reaksie af.
“Ha-ha-ha! Dit was nie Ek nie.”
‘n Ander een is minder poëties. “Ha!” Wat bedoel hy met “ha?” Uitgevang, of net nie lus om ‘n hele laggie te teks nie?
“Moeder skuld my nog een.” (Dis deel van dr R se seun, die daggapitte en die tuin se storie.)
“Rook dit en sien wat gebeur?”
Daantjie kom donker by die huis. Skaam vertel ek hom van DIE PLANT.
Hy hoef nie eens te gaan kyk nie.
“Kakiebos…” is sy lakoniese reaksie.
Laatnag dink ek daaroor: hoeveel keer skrik mens vir jou eie skaduwee. Hoeveel keer gaan jy die bobbejaan agter die bult haal. Hoeveel keer stres mens oor iets, net om uit te vind dit was toe ‘n geval van gogga maak vir baba bang. Maar ek wil dit eers in die lig sien. Vir veiligheid pluk ek ligdag ‘n blaar en wys dit versigtig vir die Pastoor.
In die lig is dit so duidelik soos daglig nié daai plant nie.
En ek? Ag, ek het die hele tyd geweet.
A GOOD MANNERED CRIMINAL
Vertel Rudolf my dat hy gister vir die bus sit en wag, al skrywende. Kom een van daai undercover perfume salesmen verby en wys hom sy ware.
“Nee,” sê my seun, sonder om op te kyk.
“Nee dankie!” wip die verontwaardigde skelm sy gat.
☺
Beautiful Belinda
Wie onthou nie die lied deur Chris Andrews – Pretty Belinda? Dit was ‘n “top hit”. Bietjie soos onse Belinda. Heel gepas beteken haar naam “pretty,” van die Italiaanse “bella.”
Sy was pragtig. ‘n Piepkleine voëltjievrou met groot bruin oë en enigmatiese glimlag. Jy het altyd geweet waar jy met haar staan; sy’t nie doekies omgedraai nie. Dit was sy wat ons tribe se girls aangemoedig het om vir ‘n papsmeer te gaan, want “mens speel nie met die groot K nie.” Ons het dit ‘n outing gemaak met ‘n lekker ete daarna, terwyl sy juis daardie oggend weer hospitaal toe is vir haar toetse.
Die hoesie het stadig, sluipend begin. Kug, kug, kug. Nimmer-eindigend. “Silikose,” was die uitslag. Van die fyn glasstof wat van haar “sandblasting” gekom het. Nooit masker gedra nie. Nie van die ongemak gehou nie. En toe raak sy regtig baie vinnig baie klein. Soos in 46kg klein. Fyn, broos, engel-agtig maar skrikwekkend klein. Die groot oge het groter geword in die vervalle, wit gesiggie. Maar die skelm glimlaggie het om die lippe bly talm.
Ag, kon sy maar gesond word… ons almal het in ‘n wonderwerk geglo. Gewéét God kan en sal. Ins ons kinderlike geloof was dit so eenvoudig. Belinda kon mos nog nie gaan nie? Daar was Gerald, en Wyatt, en die tweeling, en die kunsklasse wat ek en sy en Lizette op ‘n Vrydag-middag gehad het, en Mentoring, en die mentoring kamp wat sy so op aangedring het en ons nooit kon inpas nie… nou kamp sy uit op Liewe Jesus se speelveld.
Ek onthou die dag wat Koos vir my, haar en Lizette ‘n “dop” aangebied het terwyl ons ons verfgoed opgepak het. Ek het versigtig na Belinda gekyk, gewonder of sy sou “nee dankie” sê. “Ag, kom ons geniet ‘n glasie saam met jou,” het sy ondeund gesê. En terwyl die son die see agter ons goud gebaai het en ons ‘n glasie diep, donkerrooi jare-oue iets geteug het, het Koos gesê ons moet ‘n kuns-uitstalling by hul huis hou: ek, Belinda en Lizette moes net genoeg goed skilder.
Dit was voor Koos op 12 Julie met kolonkanker gediagnoseer is. Dit is tien jaar na Belinda kanker gehad het. Dit was ‘n paar maande voor die stil sluiper weer sou toeslaan. Ons het gelag, geverf, gesels asof ons nog al vier dekades saam sou kuier op ‘n Vrydagmiddag.
Maandag het Koos vir die Here gesê: “Here, dis ek – Koos Buckle. Ek vra dat Liewe Jesus my nou kom doodmaak.” Nou kuier Koos en Belinda op God se voorstoep. Dalk sit hulle daar met ‘n lekker Caberne’tjie of ‘n dieprooi Calitzdorp Port en stoepstories gesels met Hom. Dalk vang Koos Buckle nou regtig grooooot visse daar Bo en verf Belinda die mooi sons-ondergange wat ons hier sien, of doen sy mooi vensters vir die hemel.
Dalk is ek volgende om te gaan. Dalk jy?
En toe Gerald by die ter-aardebestelling Amazing Grace op sy doedelsak gespeel het, dink ek het God, Belinda en Koos met ‘n glimlag op dit neergekyk en hul koppe instemmend geknik: dit als is net “amazing grace”.