Fokus op die Jirre!

Laas Sondag ry ons Patensie toe. Met die intrapslag verklaar Jannie – sonder dat iemand hom vra – dat sy lisensie in die “ander” bussie is.

Met die terugry vertal hy van sy vriendin, Nadine Blom – ja, sy van die rooi hare en ongelooflike stem – se konsert. In die eerste helfte van die konsert sing hulle “van die Here,” het sy gesê, en in die tweede sing hulle “vir die Here.” Sy het die kleintjies opgeroep verhoog toe, toe stuur sy hulle terug sodat die gróter kleintjies kan opkom. Maar die kleiner kleintjies verstáán nie hulle moet nou afgaan nie. Hulle wil bly. En die verhoog raak te klein. Sy raak later gefrustreerd en en sê vir die kindertjies, “fokus op die Jirre!”

Toe ons die brug by die N2 nader, sien ek en Derick die bloubaadjies. Ons wil nog voorstel Jannie gaan or die brug, maar dis te laat, want hy en Daantjie sit ou stukke en gesels. Natûúrlik trek hulle ons af. Jannie bgin op en af hop. “Fokus op die Here, Jannie,”roep ek van agter, maar hy het reeds uitgespring. Liezl, pragmaties soos altyd, sê. “we trust for God’s favour.”

“Waar is jou lisensie, meneer?”

“Dis in die ander bussie,” bieg Janneman.

“Waar kom julle vandaan, meneer?”vra die man.

“Van kerk af, meneer.”

Na ‘n rukkie se heen-en-weer krabbel laat hulle ons met ‘n waarskuwing gaan. Daantjie ry verder. Jannie babbel soos ‘n opwenspeelding. Toe ons by VCC kom, rittel hy steeds.

“Dit sal my leer,”mompel Jannie. “om te fokus op die Jirre!”

About Minette

I am mother of four, wife of one, jane of all trades, master of none.
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.