AntieDol en darling Pat

Die heel, heel eerste keer dat ek in VCC ingestap het, het ek haar gesien: antieDol se doppelgänger, right down to the twin set, hair do and pearls. Ag, sy is sooo sweet!

Woensdag, by die ontbyt, vra Zénia of ons onlangs iemand begrawe het (nee, nie my neef nie, en ook nie Andrew Murray-Bates nie). Sy vertel van die oom en tannietjie wat altyd lang haar in die kerk sit, maar sy sien hom die afgelope twee weke nie meer nie. Sy sweer hy’s dood. “Die tannietjie sit altyd en slaap, shame…”

Nee, die tannetjie sit toe nooit en slaap nie. Haar kop is net te swaar vir haar dunne nekkie.

Toe ek Daan Vrydaga fisio toe neem, sit hulle daar: Al en Pat. Hy is 80+. Sy nader aan 90. Hy praat nie ‘n dooie woord wanneer dit goed gaan nie, en nog minder wanneer dit sleg gaan. Sy borrel absoluut oor in haar hogere Ingels. Hy lyk daai dag so bietjie grys in sy gesig. Ek weet van sy siekte, maar hy het ‘n besonder gepynigde uitdrukking op sy gesig.v

“I fell off the table…” Ek vra nie, maar hy volunteer die inligting. Hy is besonder spraaksaam. Nie ‘n sweempie van emosie op sy gesig terwyl hy vertel – staar net reguit voor hom uit op my naeltjiehoogte.

Gloeilamp. Geen mens jonger as hy in sig. Klim op tafel. Te laag. Klim op nog iets. Tree agter-uit om als te beskou. The rest is history, soos mens sê.

Ek stel Daantjie uitéindelik aan hulle voor; hulle hoor nou al 5 jaar van hom en hy van hulle. Met die uitstap staan hy stil by ‘n mooi orgidee. Dit bring my by vanaand se storie.

Ek gaan loer vanmiddag na werk by die twee oues in, net ingeval Al weer deur die gier oorval word om op ‘n tafel te klim en af te neuk. Daar is vensters oop, maar niemand antwoord. Ek skryf ‘n mooi briefie in duidelike drukskrif. Vanaand kry ek die oproep. Lang storie. Hulle is hartseer dat hulle my gemis het. Ek is hartseer dat ek hulle gemis het.

“Every year a friend comes from Paris (nie Vrystaat) to visit his mom – three times a year – and every time I get an orchid. So every year I give them away after he’s left because I cannot take care of them. I would like to give your husband my orchid. It was most endearing to see him touch that flower the way he did.”

Sweet, darling Pat.  Die ou lyfie kan nie meer die sware, elegante kop ophou nie. En wanneer sy – noodgedwonge, soos nou – moet bestuur, loer sy net-net oor die dash, soos antie DikPiet van Calitzdorp destyds oor die Merc s’n geloer het.

AntieDol het 102 geword. Ek hoop regtig die Here kom haal Pat en Al sommer so saam-saam. Ek dink Hy gaan suffel pret met dié unlikely pair hê.  Daar sal Pat na hartelus orgideë kan kweek sonder dat hulle vrek, en Al sal nie nodig hê om gloeilampe om te ruil nie.

About Minette

I am mother of four, wife of one, jane of all trades, master of none.
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.