NEW BEGINNINGS INDEED

Daar is tye wat ‘n mens reken die lewe is soos ‘n Toyota-advertensie: alles loop reg, altyd reg…

Nuut impliseer immers goed, spiksplinternuut, ongeskonde, alles in werkende toestand, eksie-perfeksie. Ja, raait. Hoe verkeerd kan n mens wees.

Aanvanklik is dit n vae gevoel – nee, nie eens n gevoel nie, net ‘n vae iets. Something’s not right. Jy ignoreer dit maar. Dis net vreemd, dis nog anders, dit ruik amper nog na verf, en jy kyk Noord en ploeter voort terwyl jy wag vir die nuwe-verfreuk om weg te gaan.

Jou kantoor is hier, dis daar, dis deurmekaar. Jy voel ‘n bietjie soos kleingeld in ‘n ryk man se sak – dit (jy) moet uitgegee word. Dis reg met my, sê jy. God het my in hierdie seisoen gebring, so hy sal my daardeur bring. Jy doen wat van jou verwag word, en dan doen jy meér as wat van jou verwag word, want jy kom nie die mas op nie. Jy sê niks, werk net (dikbek) té dikwels té lang ure, te bang om te laat blyk jy’t actually nie ‘n clue nie.

As ek my taal so begin meng, moet jy weet daar’s fout. Daars sommer groot fout!

About Minette

I am mother of four, wife of one, jane of all trades, master of none.
This entry was posted in Algemeen. Bookmark the permalink.