MY KINDERS

2005-11-24-044617pm.JPGOp skool gesels ek en my maats oor wat ons in die lewe wil bereik.  Ek kan nie onthou of Jenny gesê het sy wil met ‘n man trou wat eers dokter en dan oogspesialis gaan word nie, maar ek onthou wel my antwoord:  ek wil weet hoe dit voel om geboorte te gee.  Hulle was sigbaar geskok.  Marijke het gesê sy sal tog nooit haar liggaam deur ‘n swangeskap laat verniel nie!  Sy gaan wag tot ‘n masjien ontwerp word waarin die fetus/baba kan ontwikkel.  Daarna gaan sy in ‘n geel bikini op ‘n seiljag om die wêreld vaar.  Erens gaan sy nog rekenmeester ook word.  Dit was die einde van my vriendskap met haar.

Dit was 31 jaar terug.  Jenny en Frikkie is wonderlik gelukkig getroud met ‘n suksesvolle praktyk, Marijke het nie kinders nie en is rekenmeester op The Isel of Man en ek het die agony en extasy van geboorte gee ervaar – vier maal.

Leave a Reply