Ezikhathini ezinje nga lezi

In times like these you need a Saviour, in times like these you need an anchor. Be very sure; be very sure your anchor holds and grips the solid rock.

So lees ek gister-oggend Gal 1:10: “Am I now trying to win the approval of men or of God? For if I were still trying to please men, I would not be a servant of Christ.” en SMS dit vir al wat leef en beef. Dit spréék tot my, en ek reken dis ‘n goeie bemoediging omdat mens maklik op iemand anders as God fokus.

Kry ek ‘n antwoord: I don’t want anyones (sic) approval (except God – but that is not about approval – that is love). Ek het lus om soos daardie ou in die Waterberg T*y*ta advertensie te maak (oeps, ek kan dit nie foneties skryf nie – luister maar na die radio advertensie).

In tye soos hierdie het ek elke woordjie van bemoediging nodig wat ek kan kry. Wat is dit met mense wat als as kritiek ervaar?