GROET DIE GROTVROU!

Posted in Algemeen | Leave a comment

TIME TO LET GO

Under construction, what else?

Posted in Algemeen | Leave a comment

YOU’RE WELCOME, WELCOME PHUTA

I hear them at the gate before I se them: three gents on a mission. Two are able to remain upright on their own. They act as moral and physical support for the third.

“My pal told me that if I cleaned up my act, you would give me clothes. Well, I am clean and sober.”

He looks me straight in the eye. His face has a rosy tint. So has his breath. He sways slightly. His two friends wisely leave him to his own devices. I’m rather glad for the sturdy safety gate which – ironically – was put up to keep another customer, Goodman, out. Goodman and Welcome – two wonderful, prophetic names.

“I need shoes for church. Have you got shoes for me?” He wiggles his toes, which are visible through the holes in his shoes, for dramatic effect.

Unfortunately I don’t – I know full well, because I gave the last two pair I had away to his pal and his pal’s lady friend only last week.

I take his cell phone number, just in case I do get another pair of men’s shoes. As I watch him swagger off, I wonder what Jesus would have done. Surely safety gates, sour wine and shoddy shoes did not feature in His world? Or did it…

Posted in Algemeen | Leave a comment

Piggy party

Vlakvarke is maar vlak.

Posted in Algemeen | Leave a comment

Addo

Mission: lions.

Posted in Algemeen | Leave a comment

I can only imagine

En so kyk ek en dj. gedienstig en gedweë die dvd’s oor discernment. Net om tannie Rina te paai. Maar goed ook, sou ons gou agterkom, want ons is genoop om te evalueer wáárom ons glo wát en hóé ons glo.

Aan die einde luister ons, meegesleur, na Garwin Dobbins. Hy is een van slegs sowat 350 mense ooit om te ly aan myelitis ossificans progresiva – ‘n onomkeerbare toestand waar spier in been verander. Hulle help sy versteende liggaam orent. Hy sing van hoe hy eendag voor God sal staan. Of sal hy enigsins voor God kán staan?  Sal ek? Sal jy?

Garwin does not have to imagine anymore. He is with God now. I wonder; will I be able to stand at all?

Posted in Algemeen | Leave a comment

IT MUST BE NICE…

…to be 80+, relatively healthy and relatively wealthy.

Posted in Algemeen | Leave a comment

12-6-12

Nothing significant happened at 12:6:12 on 6-12-6.

Or then, maybe something did. Was I aware of it? No. Was it aware of me? The answer is most likely “no.”

So why then, this seemingly insignificant blog? Because today God was painting clouds all over the planet. Magnificent, majestic ones. And I mean magnificent, majestic ones. I braved the elements for almost an hour, trying my very best to capture something of the splendour.

There was (what my late friend Tim Robson would have called) a “magnificent sky.” An open sky, perhaps, the likes of which Julian Adams spoke about two weeks ago? All I know is that God flicked a cloud – and He hooked me. He got me – hook, line and sinker. Just like that.

Posted in Algemeen | Leave a comment

Jelliebabies

My sus lê daar in hoësorg en kyk met verwonderde oë na my en Sarita, asof sy ons nog nooooit in haar lewe gesien het.

Ek knip die pakkie lekkers oop. Haar oge rek amper onmerkbaar. Wag, met haar langtermyngeheue skort daar oënskynlik niks. Ek haal solank een jelliebaby van elke kleur uit.

“Weet jy, Sarita, toe ek op College was en daar’s ‘n pakkie van my pa by die poskantoor, was ek altyd opgewonde, want ek het gewéét daar’s jelliebabies in.”

Sy praat sag, afgemete, asof sy die woorde en gedagtes op ‘n ver stasie gaan haal. Sy draai stádig en moeisaam haar kop na my toe.

“Eers ‘n witte, dan geel, oranje, rooi, groen en laaste ‘n swarte.”

Sy eet dit al die jare in daardie volgorde. Ek pak die ry soldaatjies waar sy dit kan voel. Die wittetjie gaan met ‘n amperse glimlag mond toe (Stella, nie die jelliebaby). Sy hou haar hand asof beskermend oor die res van die peloton.

Toe wéét ek my sus gaan OK wees. En ek wéét daar gaan hope jelliebabies in die hemel wees. Ek dink Jesus hou ook van hulle.

Posted in Algemeen | Leave a comment

INNIESOP

Toe my ma my (eerste) stiefpa ontmoet het, was hy ‘n geswore oujonkêrel wat ‘n woonstel met sy jongste sibbe – sy broer, 18 jaar sy junior, en wie se doeke hy omgeruil het – gedeel. Dié rooikopduister, soos ons en andere van hom gepraat het, het – soos tot sy dood – liggaamsbou gedoen. Daarmee saam het hy verskeie “fads” op die proef gestel. Op daardie stadium was dit sojabone. In ‘n “Presto” (drukpot vir die jonges/oningeligtes) gaargemaak. Hy en “oom Hans” (wat kort daarna “Ouboetie geword en gebly het) het ‘n allemintige sak van die goed gehad.

Toe hy met my ma trou, moes ons – soos met die kaster-olie, vislewertraan, Ingelse sout en suurmelk – eet/drink wat hy eet/drink. Ek weet nie van my susters nie, maar ek het gedink hy’s dalk familie van Hitler, om die waarheid te sê. Ek was te jonk om die geskiedenis te ken, maar as ek so tien jaar ouer gewees het was, sou ek waarskynlik ook gereken het hy gaan my (omrede my toe blonde hare en blou(-erige) oge) in ‘n eksperiment gebruik!

Ek onthou hoe die sojabone soms te lank laat kook het, en hoe my ma en almal wat lank genoeg was met besems die dak, mure en meubels moes skoonvee na so ‘n “ontploffinkie.” (Kom ons vertel liefs nie van die beet en blikkie kondensmelk wat ook deur daardie nou gaatjie ge-uit het nie.) Ek dink daar het my versigtige bewussyn van en ontsag vir ‘n drukpot ontstaan. Nog nooit het dit my oorgekom dat die druk te hoog is en die gewiggie afspring nie. Nie dat ek meer my gewiggie het nie – daarvoor het Dedri en Jannes gesorg. Hulle het gekyk hoe lank ‘n gewiggie in koue olie kan dryf.

Hy kan nie.

Maar vandag Рvandag is sopdag, en ek koop die vleisie, bone en whatnot vir lekker sop. Sit die dure vleisie in die drukpot (nie my Presto nie Рhy staan in die buitekamer, t̩ deel van my verlede om die pad van oorbodige goed te gaan). Ek stel die gassie op sy laagste en gaan boontoe. Raak besig, maar onthou van pot. Toe ek reken dis nou tyd om te gaan kyk, bel my ma en gesels oor Stella, Rudolf en Rudolf.

DWA! Ek sien al my sop teen die dak, mure en meubels afdrup. En ek was reg. ‘n Uur later is alles mooi skoon – tot die gasstoof, waaroor ek nét vanoggend gewonder het: wanneer sal ek jou ‘n slag behoorlik skoonmaak? Ja, God het ‘n sin vir sindelikheid, lyk dit my.

Nou moet ek my pa maar vergewe vir al daardie sojamisteikies, en my ma vir die beet en die gekookte kondensmelk, want nou is ek déél van daardie statistiek.

Waffer stats word ek volgende deelagtig, wonder ek op hierdie sopdag?

Posted in Algemeen | Leave a comment